Landbou is die enigste sektor waar daar 'n toename was in werksgeleenthede. Statistieke toon aan dat die gemiddelde besoldiging van plaasarbeiders in die Wes-Kaap 25% hoër is as die gemiddelde in Suid-Afrika. 'n Sterker rand kan dit waarskynlik drasties verander. Oor die langtermyn kan 'n sterker rand, gepaardgaande met die droogte noodwending strukturele veranderings vereis ten einde die doelwitte van IKAPA ELIHLUMAYO - die groeiende Kaap, te bereik.
Navorsing deur ekonome van die Departement van Landbou op Elsenburg toon dat vrye monitêre en kommoditeits markte steeds die meeste voordele vir die ekonomie inhou, maar daar is 'n dringende behoefte aan effektiewe strategiese beplanning, finansiële risikobestuurstelsels en dat die vereiste gebeurlikheidsbeplanning in plek moet wees.
Die navorsing het ook aangedui dat deelnemers wat 'n direkte belang by die wisselkoers het, hul besigheidsaktiwiteite moet herorganiseer om die fluktuerende aard van wêreldmarkte en die wisselkoers, die hoof te bied.
Ons sal saam met ander rolspelers die situasie monitor. Die wisseling wat die rand se posisie teenoor ander groot geldeenhede tot gevolg het, sal later vanjaar in diepte bespreek word tydens die landbouberaad vir die Wes-Kaap.
Navrae: Alie van JaarsveldSel: 084 604 6701
Tel: 021 483 4700