| Die Wes-Kaapse Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning (OS&OB) het Wêreldomgewingsdag (WOD) op Woensdag 2 en Donderdag 3 Junie op Oudtshoorn gevier. Terwyl klem gelê is op die nasionale tema vir WOD, naamlik "'n Dekade van volhoubaarheid. Ons omgewing! Ons toekoms", is 'n meer gerigte internasionale tema, "Gesoek! See en Oseaan, Dood of Lewendig", ook belig by die uitstalling wat plaasgevind het by die Bridgton Gemeenskapsentrum op Oudtshoorn. Leerders en opvoeders, asook lede van die publiek uit daardie omgewing, is uitgenooi na die uitstalling. Skole het die geleentheid gekry om deel te neem aan 'n kunskompetisie wat aspekte van die temas sou uitlig, met inbegrip van besoedeling en afval. Verskeie pryse kon gewen word. Dit was 'n belangrike geleentheid om op uitstalling iets te sien soos 'n taspoel met verskillende seediere daarin, items gemaak van hersikleerde produkte en 'n poppekas, asook uitstallings oor gemeenskapsveiligheid deur die SAPD, MIV-vigsopvoeding en die brandweer, en selfs drama- en dansonderrig, om maar enkele van die interessanthede te noem. Daarby het die geleentheid vir sommige besoekers om plase en grotte in die omgewing te besoek bygedra tot die opwinding. Vir meer inligting, skakel vir Russell Mehl op (021) 483 2752 of 082 448 4763, epos rmehl@pgwc.gov.za of besoek ons webwerf by www.capegateway.gov.za. |
|
| English | | | Afrikaans | | | Malunga | | | Qhagamshelana | | | Uncedo | | | Funa nzulu | |
Wêreldomgewingsdag
28 uMeyi 2004
UMTHOMBO WEENDABA Isebe Lemicimbi Yendalo Nocwangciso Lophuhliso (uRhulumente Wephondo leNtshona Kapa)
UMTHOMBO WEENDABA Isebe Lemicimbi Yendalo Nocwangciso Lophuhliso (uRhulumente Wephondo leNtshona Kapa)
Umxholo okweli phepha wagqibela ukuhlaziywa nge- 28 uMeyi 2004


