Cape Gateway
English | Afrikaans | Malunga | Qhagamshelana | Uncedo | Funa nzulu  |
 
Stad Verbied Visvang in die Sonstraal en Vygeboom Damme in Durbanville
15 uMatshi 2005
UMTHOMBO WEENDABA Isixeko saseKapa
Die onlangse uitbreek van voël botulisme, algemeen bekend as voëlgriep, in die Sonstraal en Vygeboom damme wat gelei het tot die instel van 'n moratorium op visvang in die betrokke damme, is Dinsdagaand 8 Maart 2005 tydens 'n openbare vergadering in die Durbanville Raadsaal bespreek.

Die vergadering het onder voorsitterskap van Raadslid Koos Bredenhand, Voorsitter van die Koeberg Subraad, plaasgevind. Dit is deur die wyksraadlid, Raadslid Danetta Smit en 18 lede van die gemeenskap bygewoon. Verskeie amptenare van die Stad Kaapstad, asook 'n amptenaar van Kaapse Natuurbewaring was ook teenwoordig.

Alhoewel die botulisme tans onder beheer blyk te wees, was die aanwesiges by die vergadering dit eens dat die vang van vis in die damme lei tot die onnodige besering van die watervoëls. Voëls wat in vislyn verstrengel raak en selfs met vishoeke in hul snawels, word dikwels in en om die damme aangetref.

Die vergadering het besluit dat die munisipaliteit versoek word om nie die moratorium op visvang op te hef nie, maar om dit met 'n algehele verbod op die vang van vis in die damme te vervang.

Die Direktoraat: Stad Parke en Natuurbewaring het die versoek oorweeg en het as gevolg van die talle probleme wat weens visvang by die damme ondervind word, besluit om 'n algehele verbod op die vang van vis in te stel.

Geen visvang word dus in die toekoms in die damme toegelaat nie en kennisgewingborde wat dit aandui, sal by die damme opgerig word. Wetstoepassing sal die gebied meer gereeld patrolleer om te verseker dat gehoor gegee word aan die verbod.
 
This content also available in English
UVIMBA-MPEPHA WEENDABA
2008:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     
2007:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     
2006:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     
2005:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     
2004:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     
2003:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     
Umxholo okweli phepha wagqibela ukuhlaziywa nge- 15 uMatshi 2005
South African National Government crest Provincial Government of the Western Cape logo I-Cape Gateway yinkonzo karhulumente ejoliswe kubemi beNtshona Koloni, ebonelela ngolwazi ngorhulumente wedolophu, owephondo nowesizwe Western Cape: A Home For All logo