Cape Gateway
English | Afrikaans | Malunga | Qhagamshelana | Uncedo | Funa nzulu  |
 
Kaapstad Verwelkom Besoekers, Gee Veiligheidswenke
29 uDisemba 2006
UMTHOMBO WEENDABA Isixeko saseKapa
Die Moederstad het spesiale maatreëls ingestel om te verseker die miljoene vakansiegangers - inwoners en besoekers - 'n veilige vakansieseisoen in Kaapstad geniet.

Die Ramprisikobestuursentrum van die Stad Kaapstad is gereed vir enige gebeurlikheid. Die Metropolitaanse Polisie Diens het spesiale voorsorgmaatreëls getref en verkeersbestuursplanne opgestel vir gewilde besoekpunte.

Brandweerdienste staan gereed gedurende hierdie tydperk van 'rooi gevaar' in die brandseisoen.

Wetstoepassingseenhede het planne reg om die veiligheid van besoekers en Kapenaars aan strande en ander gewilde besoekpunte te verseker, en die Ramprisikobestuursentrum staan gereed met gebeurlikheidsplanne om groot voorvalle te koördineer indien enigiets verkeerd sou loop.

Hoewel die Stad gereed is om noodgevalle te hanteer beteken dit nie dat individue die algemene veiligheidsmaatreëls kan ignoreer nie. Ons het 'n lys eenvoudige veiligheidswenke opgestel wat vakansiegangers kan gebruik om 'n onvergeetlike vankansie in Kaapstad te verseker," sê Wilfred Solomons, Waarnemende Hoof van die Ramprisikobestuursentrum van die Stad Kaapstad.

VEILIGHEID TER SEE

  • Elke persoon op 'n vaartuig moet 'n reddingsbaadjie dra.
  • Enige vaartuig moet die vereiste veiligheidstoerusting aan boord te hê, ook noodfakkels.
  • Wees bewus van die weersomstandighede en hoe vinnig dit kan verander.
  • Moenie alkohol ter see misbruik nie.

VEILIGHEID IN DIE BERG

  • Moet nooit op jou eie gaan stap of klim nie.
  • Vertel altyd vir 'n vriend of famililielid waarheen jy gaan, en wanneer jy terug sal wees.
  • Bly op gemerkte of bekende roetes.
  • Sorg dat jy altyd warm klere, kos en vloeistof saamneem.
  • Respekteer die natuurelemente.
  • Moet nie in onbekende poele induik sonder om die diepte vas te stel nie.

STRANDVEILIGHEID

  • Swem net waar daar lewensredders is, en waar borde aandui dat dit veilig is om te swem.
  • Maak seker die lewensredders kan jou sien.
  • Swem slegs op plekke waar ander persone in die omgewing is.

PADVEILIGHEID

  • Wees altyd bedagsaam op die paaie.
  • Moenie drink en bestuur nie.
  • Kies 'n toegewysde bestuurder wat nie drink nie.
  • Gebruik veiligheidsgordels.
  • Gee voorrang aan voetgangers.
  • Maak peuters in baba- of kinderstoeltjies vas.

VEILIGHEID VAN MISDAAD

  • Gaan slegs na plekke waar jy gemaklik en veilig voel.
  • Soek veiligheid in groepe - maar ken die lede van die groep.
  • Iemand moet altyd weet waar jy is.

VEILIGHEID BY SWEMBADDENS EN RIVIERE

  • Moet kinders nooit alleen los nie.
  • Swemlesse en opblaasvlerkies is geen plaasvervanger vir volwasse toesig nie.
  • 'n Kind kan verdrink in die tyd wat dit neem om 'n telefoon te beantwoord of die voordeur oop te maak.
  • Wys 'n verantwoordelike volwassene aan om kinders gedurende partytjies dop te hou.
  • By gesellighede kan die aandag maklik van kinders afdwaal wat te naby aan die swembad is.

VEILIGHEID IN DIE BRANDSEISOEN

  • Geen vure word op enige plek in die Skiereiland bergreeks toegelaat behalwe in spesifiek aangewese gebiede nie.
  • Moet nie jou brandende sigaretstompie uit jou voertuig gooi nie. Dit is een van die hoof oorsake van brande. Gebruik liewer die asbak in jou voertuig.
  • Maak seker dat jou braaivuur heeltemal dood is voor jy vertrek. Gebruik water om die smeulende kole te blus.

Issued by:
Communication and Marketing
City of Cape Town
Tel: 021 400 2201
Fax: 021 957 0023

Media Queries:
Wilfred Solomons
Disaster Risk Management Centre
City of Cape Town
Tel: 021 597 5000
Cell: 084 711 7709
Email: Wilfred.Solomons@capetown.gov.za
Email: DisasterRiskManagement.Centre@capetown.gov.za
 
This content also available in English
UVIMBA-MPEPHA WEENDABA
2008:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     
2007:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     
2006:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     
2005:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     
2004:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     
2003:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     
Umxholo okweli phepha wagqibela ukuhlaziywa nge- 29 uDisemba 2006
South African National Government crest Provincial Government of the Western Cape logo I-Cape Gateway yinkonzo karhulumente ejoliswe kubemi beNtshona Koloni, ebonelela ngolwazi ngorhulumente wedolophu, owephondo nowesizwe Western Cape: A Home For All logo