Daar is meer as 20 verskillende soorte siektes wat deur seksuele kontak versprei word. Onder hierdie siektes tel sifilis, gonorrhoea en herpes. MIV wat Vigs veroorsaak, word ook as 'n seksueel oordraagbare siekte beskou en tel onder die gevaarlikstes omdat dit ongeneesbaar is. Daar is geen visuele tekens van die siekte in sy vroeë stadium nie en dit kan jare duur voordat iemand siek word. Gedurende hierdie tydperk kon die infeksie reeds aan verskeie ander seksuele maats oorgedra gewees het.
Minister Uys sê een uit elke tien seksueel bedrywige mense in Suid-Afrika het die een of ander seksueel oordraagbare siekte. Indien dit nie behandel word nie kan dit lei tot:
- Onvrugbaarheid
- Kanker van die geslagsorgane
- Abnormaliteite of die dood van ongebore babas
- Skade aan die hart en niere
- Geestessiekte
Minister Uys sê mense moet hul liggame ken en mediese behandeling kry by gesondheidsfasiliteite wanneer van die volgende tekens bespeur word:
- Abnormale afskeidings deur die geslagsorgane. Selfs 'n klein bietjiewaterige afskeiding kan al 'n aanduiding van 'n SOS wees
- Sere, vratte of blase om die geslagsdele, pynlik of nie
- Geswelde kliere naby die geslagsdele
Indien SOS simptome by iemand vasgestel word moet hy of sy:
- alle seksmaats, indien daar meer as een is (alhoewel dit nie aanbeveel word nie) oorhaal om ook behandeling te kry al is daar geen tekens van infeksie nie
- Die volle medisinale kursus volg en dit nie met hul maat(s) deel nie. 'n Maat moet sy of haar eie medisyne kry. Indien die volle kursus nie voltooi word nie, al dink die persoon hy is gesond, is dit nie noodwendig die geval nie
- Daar moet geen geslagsomgang wees tydens behandeling nie
- Indien daar voortgegaan word met geslagsomgang kan die siekte hom herhaal, selfs na behandeling