"Ons konsentreer op die welstand van beide moeder en kind deur vroeë bespreking, vroeë bewuswording van gevaartekens en vroeë ingryping" sê min Uys. Suid-Afrika en die Wes-Kaap het 'n hoë kinder en moeder sterftesyfer. Landwyd is dit 12 keer hoër as die gemiddelde vir die res van die Westerse wêreld. Die geskatte kraamsterftes in Suid-Afrika is 175 vir elke 100 000 geboortes. In die Wes-Kaap is dit 77 vir elke 100 000 geboortes. Deur bewustheidsweke soos hierdie probeer ons die sterftesyfer verlaag" sê Uys.
Uys sê vroue moet nie slegs 'n gesonder lewensstyl tydens swangerskap nastreef nie, maar moet ook baie versigtiger as normaalweg wees. Hy het die volgende advies aan swanger vroue gegee :
- Besoek u naaste kliniek of dokter sodra u bewus is van u swangerskap.
- Bespreek vroegtydig en laat u gereeld ondersoek.
- Wees besorg oor uself - u voeding is belangrik, asook oefeninge tydens swangerskap.
- Alkohol misbruik en rook kan ongebore babas skade berokken. Vermy dit tydens en na die geboorte van u kind.
- Ken u en u maat se MIV-status - doen navraag of kry berading en toetsing by u naaste kliniek.
- Bespreek die wenslikheid van geboortebystand by u plaaslike kliniek.
- Bespreek en beplan voedingsopsies met kliniese personeel.
- Ken die gevaartekens tydens swangerskap en soek dadelik hulp by u plaaslike dokter of kliniek wanneer spesifieke tekens voorkom.
- Van die tekens is:
- Vaginale bloeding
- Hoofpyne
- Sterretjies sien of onduidelike visie
- Geswelde hande en voete of gesig
- Stuipe
- Koors
- Bleekheid en moegheid
- Moeite met asemhaling
- Laer bekken pyne
- Baba wat nie goed skop nie
"Die metgesel van 'n swanger vrou moet ook van sy verantwoordelikhede bewus wees en nie sy verpligtinge verontagsaam nie" het Minister Uys gesê.
Navrae:
Herman van der Westhuizen
Media Liaison Officer to the Minister of Health
Tel: 021 483 2627