As deel van die beheer maatreëls om verspreiding van die siekte te verhoed word 'n tydelike verbod geplaas op die beweging van volstruise en alle pluimvee in die area is tussen die N2 nasionale pad in die suide en die Langeberg / Outinikwa berg reekse in die noorde en die R323 tussen die N2 by Riversdal en die Garciapas en die R328 tussen die N2 by Hartenbos en die Robinsonpas in die weste en ooste onderskeidelik. Geen bewegings deur of vanuit die area mag plaasvind nie en ook geen bewegings tussen persele binne die area nie.
Alhoewel die paaie hierbo genoem die grense van die area is vorm hulle nie deel van die area nie. Bewegings van volstruise en pluimvee op hierdie paaie mag dus plaasvind op voorwaarde dat die bewegings nie in die genoemde area begin nie.
Daar word verwag dat, met die volle samewerking van alle rolspelers, die uitbreek beperk sal bly en dat die siekte gou uit die besmette fokus geelimineer sal word.
Dit word weereens beklemtoon dat die virus geensins mense aantas nie en alle beskikbare kommersiële volstruis en pluimvee produkte dus veilig is vir menslike gebruik. Normale slag van volstruise van buite die area gaan voort. Volstruise afkomstig vanuit die Mosselbaai en Riversdal Landdrosdistrikte word egter nie vir uitvoer doeleindes geslag nie.
Navrae:Alie van Jaarsveld
Spokesperson
Ministerie van Landbou: Western Cape
Tel: 021 483 4930
Fax: 021 483 3890
Email: avjaarsv@pgwc.gov