Die name van twee Wes-Kaapse Hospitale gaan verander. Die Hottentots Holland Hospitaal in die Helderbergkom verander na die Helderberg Hospitaal terwyl die Eben Dönges Hospitaal op Worcester voortaan as die Worcester Hospitaal bekend sal staan.
Die naamsveranderinge is geinspireer deur die lede van die publiek wat tydens Imbizo saamtrekke verlede jaar besware oor die huidige name geopper het.
Na afloop van die Imbizo's het Minister Uys die publiek in koerantadvertensies genooi om kommentaar op die huidige name te lewer. 'n Aantal voorstelle is ontvang en na verdere konsultasie het Uys besluit om die name te verander na die omgewings waarbinne hulle geleë is.
"Ek glo die name sal byval vind by die meeste mense in die Wes-Kaap en dat hulle trots sal wees op hul plaaslike hospitale" sê Uys.
Uitgereik deur:
Kommunikasie vir die Wes-Kaapse Departement van Gesondheid.
Minister Pierre Uys: 082 455 5144
Herman van der Westhuizen: 082 772 9161