Cape Gateway
English | Afrikaans | Malunga | Qhagamshelana | Uncedo | Funa nzulu  |
 
Seksueel Oordraagbare Siektes (SOS) en Kondoom Bewustheidsweek: 11 - 17 Februarie 2007
14 uFebruwari 2007
UMTHOMBO WEENDABA Icandelo loMphathiswa Wezempilo (uRhulumente Wephondo leNtshona Kapa)
Verklaring Deur Minister Pierre Uys, Minister Van Gesondheid In Die Wes-Kaap, Oor Seksueel Oordraagbare Siektes (SOS) en Kondoom Bewustheidsweek: 11 - 17 Februarie 2007.

"50 miljoen kondome sal vanjaar deur die gesondheidsdepartement in die Wes-Kaap versprei word - dit beteken gemiddeld 22 kondome per volwasse man.Die vraag in sekere woongebiede is egter heelwat hoër en tot gemiddeld 100 kondome per volwasse man sal in daardie areas versprei word " sê Minister Uys. "Die kondome sal vrylik beskikbaar wees by alle gesondheidsfasiliteite dwarsdeur die provinsie en daar is geen verskoning vir mense om nog onbeskermde seks te hê nie" sê Uys.

Uys het gesê 300 000 vrouekondome is ook vrylik beskikbaar in 66 gesondheisfasiliteite en vrouens het ook 'n verantwoordelikheid om SOS te voorkom.

'n Seksueel oordraagbare siekte (SOS) word van een mens na 'n ander tydens onbeskermde seks oorgedra. Minister Uys sê jy kan 'n siekte opdoen na slegs een keer se omgang met 'n besmette maat.

Daar is meer as 20 verskillende soorte siektes wat deur seksuele kontak versprei word. Onder hierdie siektes tel sifilis, gonorrhoea en herpes. MIV wat Vigs veroorsaak, word ook as 'n seksueel oordraagbare siekte beskou en tel onder die gevaarlikstes omdat dit ongeneesbaar is. Daar is geen visuele tekens van die siekte in sy vroeë stadium nie en dit kan jare duur voordat iemand siek word. Gedurende hierdie tydperk kon die infeksie reeds aan verskeie ander seksuele maats oorgedra gewees het.

Minister Uys sê een uit elke tien seksueel bedrywige mense in Suid-Afrika het die een of ander seksueel oordraagbare siekte. Indien dit nie behandel word nie kan dit lei tot:

  • Onvrugbaarheid
  • Kanker van die geslagsorgane
  • Abnormaliteite of die dood van ongebore babas
  • Skade aan die hart en niere
  • Geestessiekte.

Minister Uys sê mense moet hul liggame ken en mediese behandeling kry by gesondheidsfasiliteite wanneer van die volgende tekens bespeur word:

  • Abnormale afskeidings deur die geslagsorgane. Selfs 'n klein bietjie waterige afskeiding kan al 'n aanduiding van 'n SOS wees.
  • Sere, vratte of blase om die geslagsdele, pynlik of nie.
  • Geswelde kliere naby die geslagsdele.

Indien SOS simptome by iemand vasgestel word moet hy of sy:

  • alle seksmaats, indien daar meer as een is (alhoewel dit nie aanbeveel word nie) oorhaal om ook behandeling te kry al is daar geen tekens van infeksie nie.
  • Die volle medisinale kursus volg en dit nie met hul maat(s) deel nie. 'n Maat moet sy of haar eie medisyne kry. Indien die volle kursus nie voltooi word nie, al dink die persoon hy is gesond, is dit nie noodwendig die geval nie.
  • Daar moet geen geslagsomgang wees tydens behandeling nie
  • Indien daar voortgegaan word met geslagsomgang kan die siekte hom herhaal, selfs na behandeling.

Minister Uys het gesê die gebruik van kondome is die beste voorkomingmiddel teen siektes. "Gebruik altyd 'n kondoom tydens seks, want dit verminder die risiko van seksueel oordraagbare siektes aansienlik"

Issued by:
The Directorate Communications
Office of the Superintendent of Health, Western Cape
Tel: 021 483 3235
Herman van der Westhuizen
Media Liaison Officer to the Minister of Health
Tel: 021 483 2627
 
This content also available in English
UVIMBA-MPEPHA WEENDABA
2008:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     
2007:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     
2006:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     
2005:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     
2004:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     
2003:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     
Umxholo okweli phepha wagqibela ukuhlaziywa nge- 14 uFebruwari 2007
South African National Government crest Provincial Government of the Western Cape logo I-Cape Gateway yinkonzo karhulumente ejoliswe kubemi beNtshona Koloni, ebonelela ngolwazi ngorhulumente wedolophu, owephondo nowesizwe Western Cape: A Home For All logo