Cape Gateway
English | Afrikaans | Malunga | Qhagamshelana | Uncedo | Funa nzulu  |
 
Spoed

Oormatige spoed word as 'n faktor beskou in byna een-derde van alle noodlottige ongelukke. Dit is daarom noodsaaklik dat bestuurders by spoedperke moet hou.

WAT IS DIE SPOEDPERKE IN SUID-AFRIKA?

Algemene spoedperke is soos volg:

  • 60 km/h op 'n openbare pad in 'n beboude gebied
  • 100 km/h op 'n openbare pad buite 'n beboude gebied wat nie 'n deurpad is nie; en
  • 120 km/h op alle deurpaaie.

Sekere tipes voertuie moet hou by spoedperke wat laer is as die algemene perke, byvoorbeeld:

  • Vragvoertuie met 'n BVM van meer as 9t moet teen minder as 80 km/h ry.
  • Sekere trekkers en sleepwaens of kombinasievoertuie mag ook nie spoedperke van 35 km/h en 15 km/h, gegrond op hulle remvermoë, oorskry nie.
  • Sekere voertuie (minibusse, busse en vragvoertuie) moet hou by die spoedperke wat op bande van toepassing is.

Padverkeerstekens kan ook spoedperke bepaal wat laer of hoër as die algemene spoedperke is.

HOEKOM IS DIT GEVAARLIK OM TE VINNIG TE RY?

Oormatige spoed is gevaarlik want:

  • Hoe vinniger jy ry, hoe harder sal jy enige hindernisse tref (ander voertuie, voetgangers, ens).
  • Die doeltreffendheid van veiligheidstoerusting soos lugsakke en sitplekgordels word teen 'n hoë spoed erg benadeel.
  • Dit is moeiliker om 'n ongeluk te vermy as jy teen 'n hoë spoed bestuur.
  • 'n Hoë spoed plaas 'n groter stremming op bande en remme wat die risiko verhoog dat hulle kan ingee. Dit verhoog weer die gevaar van 'n ongeluk.
  • Dit is moeiliker om teen 'n hoë spoed te bestuur. Die bestuurder het 'n kleiner sigveld en beperkte randsig.

Jy kan meer inligting oor spoed kry op die Kom Veilig Aan-webwerf.

UMTHAMO: Padveiligheidfeite
Umxholo okweli phepha wagqibela ukuhlaziywa nge- 8 uDisemba 2005
South African National Government crest Provincial Government of the Western Cape logo I-Cape Gateway yinkonzo karhulumente ejoliswe kubemi beNtshona Koloni, ebonelela ngolwazi ngorhulumente wedolophu, owephondo nowesizwe Western Cape: A Home For All logo