| English | | | Afrikaans | | | Malunga | | | Qhagamshelana | | | Uncedo | | | Funa nzulu | |
Seksueel Oordraagbare Infeksies (SOI)
Isebe Lezempilo (uRhulumente Wephondo leNtshona Kapa)
ISISHWANKATHELO
-
AgtergrondGratis en doeltreffende behandeling is beskikbaar. Moedig jou maat/s aan om kliniek toe te gaan vir behandeling omdat jy weer aangesteek kan word en dan weer behandel moet word. Hulplyn: 0800 012 322 - Wat is SOI's?
- Hoe sal ek Weet as ek 'n SOI het?
- As jy vermoed dat jy 'n SOI het, sal die gesondheidswerker die volgende doen ...
- Risikofaktore wat verbind word met SOI's
- Hoe om die manlike kondoom te gebruik
Die Nasionale Departement van Gesondheid het 'n Nasionale bekendstelling van
- CHOICE-
- kondome in Junie 2004 gehou om bewustheid te verhoog van die voorkoming van onbeplande swangerskappe en die bestuur van SOI's.
Dit sluit in:
- bewustheid van die simptome en tekens van SOI's
- die belangrikheid daarvan om gou behandeling te kry vir SOI's
- bewustheid van die beskikbaarheid van gratis, gehalte SOI-behandeling in die staatsektor
- bewustheid van die beskikbaarheid van gratis, gehalte manlike kondome by staatsklinieke en hospitale en op nie-tradisionele plekke
- die belangrikheid van die behandeling van seksuele maats.
Seksueel Oordraagbare Inseksies is infeksies wat veroorsaak word deur kieme wat van een persoon na die ander oorgedra word hoofsaaklik tydens onbeskermde seks. Die meeste simptome word maklik opgemerk en kan behandel word as dit vroeg aangemeld word by die suster by die kliniek.
HOE SAL EK WEET AS EK 'N SOI HET?
Jy kan 'n SOI hê as jy een of meer van die volgende simptome het:
- Afskeiding uit die penis, 'n brandgevoel of pyn wanneer uriene passeer word
- Abnormale vaginale afskeiding, slegte reuk, jeukerigheid, branderigheid of seer urinering
- Matige tot ernstige lae buikpyn, soms koors, met of sonder vaginale afskeiding
- Sere of blasies op die geslagsorgane met of sonder 'n pynlike swelsel in die lies
- Sere, jeukerigheid van kliere, penispyn
- Skrotale swelling, met of sonder pyn.
AS JY VERMOED DAT JY 'N SOI HET, SAL JOU GESONDHEIDSWERKER DIE VOLGENDE DOEN:
- 'n Geskiedenis neem
- Fisiese ondersoek
- Toets vir servikale kanker, as dit nodig is, volgens die protokol
- Korrekte diagnose
- Behandeling volgens die simptomatiese benadering of verwysing as dit nodig is
- Gesondheidsopvoeding
- Berading
- Vrywillige berading en toetsing (VBT)
- Maat-kennisgewingstrokie/s uitgereik en behandeling
- Kondoombevordering, demonstrasie en verskaffing
- Verwysing na ander dienste soos aangedui (gesinsbeplanning, voorgeboortesorg, VMNKO, TB, MIV-behandeling en sorg, ens.)
- Hou van aantekeninge (pasiëntaantekeninge, daaglikse syfers).
RISIKOFAKTORE WAT VERBIND WORD MET SOI's
- Enige onbeskermde, penetrasie seks (anaal, vaginaal of mondelings: anaal = hoogste risiko; vaginaal = hoë risiko; mondelings = laagste risiko)
- Gereeldheid van onbeskermde, penetrasie seks (hoe meer seks, hoe groter die gevaar)
- Meer as een seksuele maat
- Seksuele dwang, mishandeling, geweld, verkragting
- Alkohol- of dwelmgebruik saam met seksuele aktiwiteit
- Die gebruik van pille of inspuitings vir gesinsbeplanning sonder volgehoue en korrekte kondoomgebruik
- Vaginale uitspoeling
- Enige penetratiewe seks wanneer 'n SOI teenwoordig is
- Periodieke skeiding van maats, wat byvoorbeeld veroorsaak word deur trekarbeid
- Geskiedenis van onlangse SOI
- Onlangse doodgeboorte, miskraam of pasgeborene met lae gewig
As jy ja geantwoord het op enige stelling hierbo, behoort jy na die naaste kliniek te gaan vir 'n ondersoek.
Umxholo okweli phepha wagqibela ukuhlaziywa nge- 2 uFebruwari 2006