- Mr Gregoire Boonzaier
- Members of the Boonzaier family
- Chairperson of the Provincial Honours Committee: Mr Justice Nathan Erasmus
- Director General: Dr Gilbert Lawrence
- Ladies and gentlemen
Today, we affirm the important values and symbols that characterise our people, our past, present and future. We have won ten years of democracy and the institution of human dignity for all. In remembering a decade of challenges, we are reclaiming the memories and identities of District Six, the Khoikhoi and San, the isiXhosa, emancipated slaves, the Jewish community, the Indians and the Malay and all other groups as equal and as valued as those that were honoured during colonialism and apartheid. Tomorrow is also importantly the bicentenary of the unbanning of Islam as a religion of many fellow citizens.
We have good reason to be proud of our ongoing process of celebrating preserving, exhibiting and promoting the arts. The arts as an expression of our cultures and identity as a nation are especially important to us in the Western Cape as a tool in building the Province as a Home for All our people.
Today we start the tenth celebration of National Heritage day in Onrus in a unique way. The Province of the Western Cape acknowledges the huge contribution of Gregoire Boonzaier in our efforts of creating a home for all. Through his art works he brought hope to many of our citizens - to make democracy and social integration work for all.
Dames en here, soos altyd, is dit vir my 'n besondere voorreg om vandag in die geselskap van Gregoire te kan wees.
Gregoire: die gedig 'Vincent van Gogh' deur DJ Opperman sou van toepassing wees op jou lewe as kunstenaar en aktivis vir jou medemens:
Jy het as 'n miskende
Heilige vergeefs geveg teen die ellende
En die onreg in die krotte van die myn,
In agterbuurte en op landerye; slegs die pyn
En skriklike stryd van God
Leer ken, wat mens en boom verknot
In Sy kramptrekke; maar ers toe jy in die koringgerwe
In aanbidding van die son kon verwe,
Boere, wasvrouens en gepynigde gesigte,
Die kantelende landskap in die snelle ligte
Geel en groen en blou - alles met koorsige gevlek
Tot branding van die skone kon verwek,
Toe is Sy hartstog eers in jou volbring
Soos groen sipresse tot 'n vlam verwring.
Dit is merkwaardig dat Gregoire Boonzaier al in 1915 begin teken het en alhoewel by toe maar in st. 2 was, het hy reeds toe al groot indruk gemaak op kunstenaars soos Pieter Wenning en Anton van Wouw.
Gregoire lewer sy eerste skilderye reeds in 1922, onder aanmoediging van Moses Kotler, wat toe al reeds die groot gawe en talent by hom bespeur het.
'n Verdere brokkie interessante inligting is dat op 14 jarige ouderdom word die eerste oliewerke van Gregoire by Ashbey kunsgallery in Kaapstad uitgestal. Dit was die jaar, 1923!
Daar word ook met waardering kennis geneem van u bereidwilligheid om u kennis te deel met ander, die bevording van kuns, veral aan plattelanders en ook die wie nie maklik voorheen toegang tot die formele kunskringe gehad het nie. Ek dink veral aan die baie tyd wat u opgeoffer het aan diegene wat voorheen benadeel was, onder andere die Kaapse kunsvriende onder leiding van Omar Valley.
Ook u bevordering en lesings oor kuns op die platteland is prysenswaardig.
Tr˙mpelmann, J maak reeds in 1960 in die publikasie, "Ons kuns, die stiting vir onderwys, Wetenskap en Tegnologie" die volgende opmerking:
"As 'n mens die ontwikkeling van Gregoire Boonzaier se kuns probeer volg, merk jy in sy werk 'n toenemende neiging om te vereenvoudig. Alles wat van min belang is, alles wat afbreuk kan doen aan die totaalindruk van die skildery word weggelaat."
In sy publikasie getiteld, Gregoire Boonzaier, vertel Scott, F.P. 1964 die volgende:
"Die kunskritikus, Bernard Lawis, wat in die Kaap onder die skuilnaam Brander geskryf het, was een van die eerste wat die talent van Gregoire raakgesien het. Hy skryf in hierdie verband soos volg: 'Hierdie tekeninge deur 'n kind was werklik kinderlik, maar het alreeds daardie gevoel vir komposisie vertoon wat een van Gregoire se kenmerke is.' "
'n Goeie kenmerk van Gregoire se werke is dat hy getrou bly aan sy eie visie. Hy skilder volgens eie insigte en oortuigings wat sterk gebaseer is op die Franse Impressionisme en die Japannese kuns. Gregoire bly een van ons land se voorste kunstenaars. Hy is 'n lewende legende en 'n ikoon van ons tyd.
Mr Boonzaier, today will be too short too note all your achievements and solo exhibitions, as a world-class artist over the many years.
But, I have noted that you are loved, respected, appreciated and admired by art students, artists, collectors, both corporates and private collectors. This in itself is a great achievement!
Vandag is dit vir my besonder aangenaam om hierdie Provinsiale toekenning aan Gregoire Boonzaier te maak. Gregoire is 'n ware seun van die Wes - Kaap en al sy eienskappe, veral van deernis, van omgee vir ander (beide kunstenaars en die gemeenskap), van Ubuntu maak hom ook 'n baie geskikte kandidaat vir hierdie besondere toekenning.
Gregoire, dit verskaf my groot vreugde om nou die toekenning aan jou te maak. Mag die toekenning u lewe verryk en as simbool dien van ons waardeering vir jou as mens, kunstenaar en toegewyde burger van ons provinsie, land en kontinent.
Baie dankie.