Ladies and Gentlemen
Organisers and Sponsors
Distinguished guests
It is heartening to see so many fishers participating in this programme. What a joy!
Thank you for inviting me to this occasion.
You know, I am very passionate about the fact that we have to work hard to overcome the legacy of the past. I certainly am committed to work day and night to bring about a more equitable order in both the urban and rural areas, maar veral op die Platteland.
For the last five years the Overberg has been part of my constituency. So I have been dealing a lot with fishermen, about some of the complaints of quotas and other problems. So, I am acutely aware of the challenges this region face.
Op 17 April hierdie jaar het 'n nuwe nuwe era vir die provinsie aangebreek. En ons gaan die Wes-Kaap nou verander. Die Premier het ons opdrag gegee om hard te werk om die provinsie te omskep in 'n tuiste vir almal.
Ek as die LUR vir Onderwys het opdrag gekry om seker te maak dat die Departement van Onderwys sy deel bydrae om die menslike hulpbronne te ontwikkel en te verskaf vir Ikhapa Elihlumayo - die strategie om die "Kaap te Groei" sodat al sy inwoners die voordele daarvan kan geniet.
Een van die baie belangrike dinge wat ons departement vir hom mee besig hou, is die ontwikkeling en ondersteuning van Adult Basic Education and Training - Volwasse Onderrig.
Ons weet, dat weens die verlede, baie van ons gemeenskappe nie die reg gehad het om skool toe te gaan nie. Sommige van ons moes as kind al op 'n jong ouderdom in die pad val om brood op die tafel vir die familie te help sit.
Van ons wat op plase groot geword het, was deur die boer forseer om te gaan werk in die weivelde. Andere van ons moes weer see toe gaan, anders het ons nie kos gehad nie.
So, ons verstaan die verlede.
Maar nou is dinge anders. En daarom is hierdie program so belangrik.
U weet, in die ou dae is ons land bestuur deur 'n klein groepie mense. Maar dit is onmoontlik dat hulle dit nog steeds kan doen. Die ekonomie is besig om te ontwikkel en daar is gedurig nuwe uitdagings wat ons land in die gesig staar.
Ons moet meer geleenthede skep vir ons gemeenskappe wie dit nooit voorheen gehad het nie, sodat meer en meer mense kan help om ons ekonomie te onderhou en om welvaart uit te brei.
Wat verblydend is, is dat die kursus volwasse onderrig aanbied as deel van jul ontwikkeling. Dit is belangrik dat ons kleinbesigheidmense moet ten minste kan skryf en lees. Dit is net so belangrik soos Veiligheid op See.
Hierdie programme is moontlik gemaak deur die Nasionale Regering se National Skills Fund. Dit is 'n fonds waartoe groot companies verplig is om by te dra tot die bemagtiging en ontwikkeling van voorheen benadeelde werkers.
Ek verstaan al die kursusse word volledig onderskryf deur die Nasionale Kwalifikasies Raamwerk, en die mense wie julle oplei, is ook geakkrediteerd.
Ek will julle dus aanmoedig om die opleiding ernstig op te neem en julle beste te doen. Hierdie kwalfikasie kan dalk later ook ander deure vir julle oop maak. Dit is 'n tipe kwalifikasie wat skaars is in die bedryf en wat ander groot besighede in julle sal laat belang stel.
Dit sal julle ook beter help verstaan wat die prosedures is wanneer julle aansoek doen vir viskwotas; en julle behoort 'n basiese begrip te hê van besigheid.
U weet, as 'n kwota-houer is u 'n besigheidspersoon, en moet u sekere vaardighede kan toon om u besigheid te bestuur en te bou, en die basiese kennis te hê van sekere wette.
Die feit dat julle ook geletterdheid onderrig gaan ontvang, beteken julle sal kontrakte kan lees. En dit sal help dat ons mense minder verneuk kan word deur potensieële swendelaars in die bedryf.
So, weer eens: gryp die geleentheid met albei hande aan en maak die meeste daarvan. En geniet dit.
Aan die organiseerders: Mark Botha die koordineerder, verteenwoordigers van die Departemente van Arbeid en Vervoer, en Marine and Coastal Management; en alle ander rolspelers - baie geluk en sterkte met die projek. Dit is 'n voorbeeld van hoe ons waarlik die provinsie kan omskep in 'n tuiste vir almal.
Baie Dankie
For enquiries, contact Gert Witbooi: 082 577 6551, or gwitbooi@pgwc.gov.za.
Gert Witbooi
Media Secretary
Office of the MEC for Education
Western Cape
Tel: 021 467 2524
Fax: 021 425 3616
INtshona Koloni - iKhaya loMntu wonke
Die Wes-Kaap - 'n Tuiste vir Almal