Landbou en elke Boerdery is 'n ondernerneming wat uit menslike, tegniese, ekonomiese en finansiële dele bestaan. Tegelykertyd word dit ook onderwerp aan invloede wat almal risiko en onsekerheid inhou en wat bydra hoe suksesvol dit is. So speel die seisoene, die klimaat en die prys wat die boer kry vir sy produk op die mark 'n groot rol in die Landbou opset. Tegnologie bepaal wat is moontlik. Ekonomiese ontleding wys wat is winsgewend en finansiële ontleding gee 'n aanduiding van die hoeveelheid geld wat benodig word en wanneer dit benodig word om suksesvol produkte te lewer.
Vir ons as regering in die Wes-Kaap is daar 'n baie belangrike element wat altyd eerste moet kom. Ons sê Die menslike element is die beginpunt: Ons sê dat daar niks suksesvol kan gebeur sonder dat daar mense is wat sorg dat die sake glad verloop nie. Ons sê dat landbou nie kan slaag as ons nie boere het wat weet hoe om te boer nie, maar ons sê dat een van die pilare van Landbou 'n gesonde werkerskorps is. U wie hier sit en so ook die meer as 200 000 plaaswerkers wat op ons plase in die Wes-Kaap werksaam is, is daardie pilaar.
Die Sagtevrugtebedryf is een van die grootste bydraers tot die ekonomie van die Provinsie en omdat dit so arbeidintensief is, is dit ook die grootste enkele werkverskaffer binne Landbou hier by ons.
Net op die plaasvlak alleen is daar meer as 105 000 arbeiders in die Wes-Kaap in diens met ongeveer 400 000 afhanklikes. In die res van die aanbodketting is daar waarskynlik nog soveel in diens by pakhuise, in die vervoerbedryf en ook in die hawe. Hierdie arbeiders vorm die ruggraat van die bedryf.
Duisende mense sterf wêreldwyd aan VIGS en almal word deur hierdie siekte geraak. Daar bestaan groot onkunde onder ons mense oor VIGS en alles rondom VIGS.
Voldoende inligting en kennis maak dit moontlik vir MIV-lyers om steeds 'n kwaliteit lewe te lei. Hierdie besef, tesame met die behoefte aan kennis en inligting oor MIV en VIGS in die landbou-bedryf, het Retha Louw van die Sagtevrugte Produsente Trust (SPT) gemotiveer om die "Nyanisa - Let's Talk Status"-projek in samewerking met Procare te ontwikkel.
Wêreldwye navorsing toon dat slegs 12% van mense wat vir HIV getoets wil word toegang verkry tot Vrywillige Toetsing en Berading . Hierdie program bring VTB tot by die voordeur van die werkers, wat 'n minimum ontwrigting in die werkplek veroorsaak en mense help om hulle status te ken en hoe om gesonder te leef.
Ten einde maksimum impak te verseker, het die SPT, in samewerking met Procare 'n unieke, dinamiese projek ontwikkel wat die landbou-sektor reeds met groot sukses bereik het.
Die Nyanisa-projek se doel is om:
- Mense soos u te bemagtig met inligting en vaardighede.
- Die stigma rondom MIV en VIGS af te breek.
- Teikengroepe te motiveer om status-georienteerd te leef.
- Mense die geleentheid te bied om gratis, konfidensiele MIV-toetsings en berading te ontvang.
Die Nyanisa-projek gebruik leersame opvoerings om teikengroepe te bemagtig met inligting en vaardighede rondom MIV en VIGS. Hierdie metode verseker dat inligting op 'n praktiese, verstaanbare wyse oorgedra word deurdat dit visueel voorgestel word.
Gekwalifiseerde verpleegkundiges en beraders is beskikbaar om onmiddellik na afloop van die opvoering vrywillige berading en toetsing aan u te bied.
Die Departement van Gesondheid is betrokke by die projek deurdat hulle toetsingsmateriaal gratis aan die projek voorsien. Plaaslike klinieke van die Departement bied die nodige ondersteuning aan werkers wie positief toets.
Die Sagtevrugte Produsente Trust het sedert April 2005, 392 plase met hul eie fondse bereik. 'n Totaal van 13 668 werkers is blootgestel aan die program, terwyl 8 748 werkers deelgeneem het aan toetsings.
Ek wil my dank en waardering aan die Sagtevrugte Produsente Trust wat die voortou geneem het in die Landbou en hierdie projek ontwikkel het oordra. Dit is met trots in ons harte dat ons dankie sê vir Anton Rabe en sy span wat die belangrikheid en voortbestaan van ons plaaswerkers op die hart dra en deur middel van hierdie projek, vir hulle 'n beter en veiliger lewe daar wil stel.
Die Sagtevrugte Produsente Trust se visie is om hierdie projek in die Landbou uit te brei en dit te deel met al die verskillende fasette van die boerdery en daarom is dit so 'n groot voorreg vir die Departement Landbou om ook ons deel by te dra.
The department has a social responsibility towards its stakeholders, both the workers and the farmers. With the initiation of this project it's the ultimate goal of the Department to make testing available for farm workers in the Western Cape. This event will be done in all the regions of the province.
The main aim of the play is to eliminate the perceptions and fears around HIV and AIDS. This campaign is to create expectancy for a better and healthier future for everyone in agriculture.
Therefore, it is critical that we in agriculture continue to strengthen our effort to halt the HIV epidemic by preventing the occurrence of new infections and continue to provide ongoing care and support as the epidemic matures.
Weer eens my dank teenoor die Sagtevrugte Produsente Trust vir hulle visie en leiding om die regering se hande sterk te maak. Ook in hierdie geval word daar gewys watter geweldige rol vennootskappe speel. Die stryd teen Vigs kan nie alleen die regering se verantwoordelikheid wees nie maar is ons elkeen se verantwoordelikheid. Met hierdie vennootskap het ons hande gevat tot direkte voordeel van elkeen in die Wes-Kaap.
As ons 'n tuiste vir almal in die Wes-Kaap wil voorsien, dan het ons werklik elkeen se bydrae nodig. U bydrae moet wees om u te laat toets sodat u u status ken en so te lewe dat U gesond genoeg is om te help bou aan die tuiste vir almal, deur as 'n gesonde en toegeruste werker ook te help bou aan die tuiste vir almal.
Navrae:
Alie van Jaarsveld
Spokesperson
Ministry of Agriculture: Western Cape
Tel: 021 483 4930
Fax: 021 483 3890
Email: avjaarsv@pgwc.gov.za
A Home for All ~ 'n Tuiste vir Almal ~ iKaya Lethu Sonke www.capegateway.gov.za