Ek is ingelig dat die Nasionale Seereddingsinstituut van Suid-Afrika (NSRI), plaaswerker kinders in die gebiede van Worcester, Mosselbaai, die Kaapse Metropool en Knysna, bewus wil maak van water en hulle wil oplei in die veilige benutting van waterbronne. Met ander woorde, hulle wil julle leer hoe om op te tree op plekke soos damme en riviere waar julle met water in aanraking kom..
In hierdie wonderlike sonnige land van ons waar ons graag in die water wil baljaar, is dit tragies dat verdrinking die tweede hoogste rede vir sterfte as gevolg van beserings is. Volgens die medies navorsingsraad kom 61% van verdrinkings in die see, damme, mere en reservoirs, voor
Dit is veral by voorheen benadeelde en plaaswerker gemeenskappe waar die grootste risiko’s voorkom en veral onder die ouderdomsgroepe van 1 tot 4 jaar en dan weer in die groep van 9 tot 14. Alkohol speel ook ʼn baie groot rol by verdrinkings in Suid-Afrika.
Daar is feitlik elke dag insidente van verdrinkings of amperse verdrinkings. Daar is tot 700 vrywilligers by Sea Rescue op bystand 24/7/365 om mense en bote te hulp te snel, wat in die moeilikheid raak.
Ons sien baie hoe die Vodacom-Netcare See Reddings Helikopters gedurig rond vlieg en besig is om tussen die see en damme rond te vlieg om mense te red, veral gedurende die somer.
Baie Suid- Afrikaanse jongmense en kinders word aan water aktiwiteite blootgestel sonder dat hulle weet van die potensiële gevare van water in die see, damme, riviere, mere en reservoirs.
Daar is baie kinders wat verdrink terwyl hulle afkoel of speel op plekke waar daar water voorkom, net omdat daar geen toesig of beheer is nie, of omdat hulle nie die reëls vir die veilige gebruik van water ken nie. Baie kinders van die platteland verdrink wanneer hulle by die see kom omdat hulle nie bekend is met die toestande van die see nie.
Hierdie NSRI Water Wise projejek bestaan uit ʼn reeks werkswinkels wat daarop gemik is om kinders en jongmense op te voed wat met verantwoordelikheid en kennis die waterbronne kan geniet. Die werkswinkels is bedoel om basiese vaardighede oor te dra waaroor alle watergebruikers moet beskik. Hetsy dit in die see of ʼn dam of by die gebruik van n boot is, is daar verskeie vaardighede waaroor mense moet beskik, naamlik:
- Kennis van veiligheidsmaatreëls in en naby water ten opsigte van getye seestrome, windrigtings en plaaslike omstandighede
- Wat om in ʼn noodgeval te doen; wie om te kontak en aksies wat geneem moet word terwyl daar op hulp gewag word.
- Aksies by die omslaan van ʼn boot en die toerusting wat nodig is.
- Praktiese CPR opleiding. Elke kind kry n mondstuk en word aangemoedig om mond tot mond asemhaling op die pop te oefen.
- Die werwing van die volgende generasie reddingswerkers en die kweek van ʼn kultuur van vrywillige betrokkenheid om iets terug te gee aan die gemeenskap.
- Noue samewerking met Paramedici. Die werkswinkel leer van die basiese EERSTE HULP aan pasiënte en die belangrikheid van die eerste paar minute wat krities is vir die pasiënt.
Die doel is om aan 5000 kinders praktiese ondervinding van CPR aan kinders te gee tydens die Water Wise werkswinkel.
Water Wise moet maklik toeganklik wees in die platteland en die doel is om dit deeglik bekend te stel in die Wes-Kaap oor ʼn vyf jaar periode sodat die blootstelling aan die beginsels van veiligheid en CPR so wyd as moontlik sal wees.
Ek wil dankie sê aan Water Wise wat ʼn nie winsgewende organisasie is en ʼn vertakking van die NSRI is wat hierdie wonderlik werk gaan doen om aan julle en baie ander kinders op die platteland die beginsels van veiligheid in en om die water gaan leer. Dankie dat u bereid is om ook op hierdie manier vir ons kinders ʼn geleentheid te bied vir veilige watergebruik in die Tuiste vir almal.
The Quaggaskloof WaterSki Club is on the R43 between Worcester and Villiersdorp.
From Worcester, traveling along the R43 pass the Aan De Doorns Winery and continue towards Villiersdorp.
Cross the Breede River, then look for Gilmore Winery, a huge red facebrick building set against the mountain on the right hand side.
Shortly after that is small white pump house with a red roof and an electricity sub station on your left.
Directly opposite this is the gate to turn right to the club. There is no sign, but look out for the WaterWise feather banners on Friday.
Follow the road, which bends left towards an entrance boom. You will be directed a short way to a parking area on the right, and the clubhouse overlooking the dam.
Alie van Jaarsveld
Spokesperson: Ministry of Agriculture: Western Cape
Tel: 021 483 4930
Fax: 021 483 3890
Cell: 084 604 6701
Email: avjaarsv@pgwc.gov.za
A Home for All ~ 'n Tuiste vir Almal ~ iKaya Lethu Sonke
http://www.capegateway.gov.za/agriculture