Cape Gateway
English | Afrikaans | Malunga | Qhagamshelana | Uncedo | Funa nzulu  |
 
UMASPALA WENGINGQI YEBHOBHOFOLO: UBUME

Die Beaufort-Wes Plaaslike Munisipaliteit dek Beaufort-Wes, Merweville en Nelspoort.

Kry meer inligting oor die basiese dienste wat deur die Beaufort-Wes Plaaslike Munisipaliteit gelewer word of kom meer te wete oor die munisipale geriewe wat beskikbaar is.

DIE MAGTE VAN PLAASLIKE MUNISIPALITEITE

Plaaslike munisipaliteite beskik oor die mandaat:

  • Voer verordeninge (dorpswette en munisipale regulasies) waarvoor hulle verantwoordelik is deur. Verordeninge mag nie strydig met enige plaaslike wette wees nie.
  • Keur begrotings en ontwikkelingsplanne goed. 'n Munisipale Begroting moet elke jaar deurgevoer word wat uiteensit hoe geld ingesamel en bestee sal word. Die munisipaliteit moet ook die Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP) goedkeur.
  • Pas heffings en ander belastings, byvoorbeeld eiendomsbelasting, toe.
  • Hef dienstegelde vir die gebruik van munisipale dienste soos water, elektrisiteit en biblioteke.
  • Lê boetes op op mense wat munisipale verordeninge verbreek, byvoorbeeld verkeersboetes of boetes vir rommelstrooi.
  • Leen geld. Die raad kan 'n lening vir 'n ontwikkeling of 'n ander projek aangaan en mag munisipale bates as waarborg gebruik.

DIE WERKING VAN PLAASLIKE MUNISIPALITEITE

Die Grondwet dra die volgende gebiede van verantwoordelikheid aan plaaslike munisipaliteite oor:

  • lewering van elektrisiteit
  • water vir huishoudelike gebruik
  • riool en sanitasie
  • stormwaterstelsels
  • rommelverwydering
  • brandweerdienste
  • munisipale gesondheidsdienste
  • besluite oor grondgebruik
  • plaaslike paaie
  • plaaslike openbare vervoer
  • straathandel
  • abattoirs en varsvoedselmarkte
  • parke en ontspanningsgebiede
  • biblioteke en ander gemeenskapsgeriewe
  • plaaslike toerisme

Umxholo okweli phepha wagqibela ukuhlaziywa nge- 19 uMeyi 2004
South African National Government crest Provincial Government of the Western Cape logo I-Cape Gateway yinkonzo karhulumente ejoliswe kubemi beNtshona Koloni, ebonelela ngolwazi ngorhulumente wedolophu, owephondo nowesizwe Western Cape: A Home For All logo