Cape Gateway
English | Afrikaans | Malunga | Qhagamshelana | Uncedo | Funa nzulu  |
 
IINKONZO ZAMATHALA EENCWADI NEZOOVIMBA-MPEPHA: UBUME

 
     
KRY JOU PLAASLIKE BIBLIOTEEK IN DIE HANDE >
     
rounded corner
HOOGTEPUNT
rounded corner
 
Die video Boekherstelwerk is nou beskikbaar!

Kontak: Dirk Binneman by Edumedia
Tel: 021 689 9536
Epos: Dbinnema@pgwc.gov.za
Prys: video @ R36.50 and DVD @ R41.00

Bly ingeskakel op hierdie webverf vir aanlyn inligting.


Die Provinsiale Biblioteekdiens staan biblioteke in die provinsie by om dienste aan die hele gemeenskap te lewer.

Saam verskaf die Provinsiale Biblioteekdiens van die Wes-Kaap en plaaslike owerhede dienste aan 1,229,715 mense wat lede van biblioteke in die provinsie is. Aan die einde van 2004 was daar 309 biblioteke geaffilieer by die Provinsiale Biblioteekdiens. Bykans 26% van die hele bevolking van die Wes-Kaap is biblioteeklede en biblioteekdienste in die provinsie spog met 'n infrastruktuur wat goed vergelyk met die beste ter węreld.

'n Uitgebreide reeks biblioteekmateriaal word geleen aan openbare biblioteke deur die Biblioteekdiens. Boeke, tydskrifte, koerante, CDs en videos, professionele publikasies en promosiemateriaal word verskaf. Biblioteekdienstepersoneel help met die keuse, aanskaf, voorbereiding, onderhoud en verspreiding van materiaal en toerusting wat aan plaaslike owerhede geleen word.

Provinsiale personeel verskaf ook:

  • Professionele leiding en raad aan biblioteekpersoneel en -owerhede.
  • 'n Verwysings- en inligtingsdiens.
  • Navorsing met betrekking tot die verskaffing en gebruik van biblioteekdienste.
  • Bevordering van die gebruik van biblioteke en biblioteekmateriaal.

Personeel van die Provinsiale Biblioteekdiens is ook betrokke by algemene toesig oor die volhou van die doelwitte van die openbare biblioteek.

Openbare biblioteke is agente van verandering en opheffing in gemeenskappe en bevorder voortdurend onderwys, kultuur, ontspanning en gratis toegang tot inligting vir almal.

Umxholo okweli phepha wagqibela ukuhlaziywa nge- 22 uJuni 2006
South African National Government crest Provincial Government of the Western Cape logo I-Cape Gateway yinkonzo karhulumente ejoliswe kubemi beNtshona Koloni, ebonelela ngolwazi ngorhulumente wedolophu, owephondo nowesizwe Western Cape: A Home For All logo