Cape Gateway
English | Afrikaans | Malunga | Qhagamshelana | Uncedo | Funa nzulu  |
 
ICANDELO LWEELWIMI: UBUME
    dictionary extract  
       
  rounded corner
TAALKOMMISSIE
rounded corner
   

Die Wes-Kaapse Taalkomitee is onder meer daarvoor verantwoordelik om die gelyke status te verseker van die drie amptelike tale van die provinsie, vir die bevordering van veeltaligheid, vir die ontwikkeling van inheemse tale wat voorheen eenkant geskuif is.


       
  rounded corner
GELEENTHEDE
rounded corner
     

OORSIG

Die Taaleenheid is gestig om enige administratiewe werk te doen wat kan spruit uit besluite wat geneem is deur die Wes-Kaapse Taalkomitee. Lede van die Eenheid help ook met verskeie projekte in verskillende regeringsdepartemente en werk met die Nasionale Taaldiens en die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad saam.

DIENSTE

Die hoofdoel van die Taaleenheid is om bekwaam en doelteffend die Wes-Kaapse Taalkomitee by te staan om seker te maak dat die Komitee sy regsmandaat uitvoer.

Met die bekendstelling van die Wes-Kaapse Taalbeleid in Februarie 2005 staan die Taaleenheid ook ander provinsiale regeringsdepartemente by en adviseer hulle oor die toepassing van die bepalings van die beleid.

PROJEKTE

Van die projekte waarby die Taaleenheid betrokke is, is:

  • Die toepassing van die provinsiale taalbeleid.
  • 'n Jaarlikse Xhosabewustheidsweek gemik op die verhoging van die status van Xhosa in die provinsie.
  • 'n Jaarlikse veeltaligheid-bewustheidsweek om bewustheid van en respek vir die verskillende tale en taalgemeenskappe van die Wes-Kaap te kweek.
  • 'n Veldtog om aktief die voorheen uitgeskuifde inheemse tale en Gebaretaal te ontwikkel.
  • 'n Reisende letterkunde-uitstalling, gemik op die skep van bewustheid van Suid-Afrikaanse skrywers in die drie amptelike tale van die provinsie. Die projek word uitgevoer in samewerking met die Nasionale Taaldiens.
  • 'n Reeks Afrikaanse Dialek- en Storievertelfeeste oor die hele provinsie om die verskillende dialekte van die Afrikaanse taal uit te lig wat in die provinsie gepraat word, sowel as die vaslê van die mondelingse geskiedenis van die mense van die Wes-Kaap.

Lede van die Taaleenheid dien ook op die Nasionale Taalforum wat gestig is deur die Nasionale Taaldiens om 'n forum te skep waar taalsake op 'n nasionale vlak bespreek kan word.

Umxholo okweli phepha wagqibela ukuhlaziywa nge- 26 uJanuwari 2006
South African National Government crest Provincial Government of the Western Cape logo I-Cape Gateway yinkonzo karhulumente ejoliswe kubemi beNtshona Koloni, ebonelela ngolwazi ngorhulumente wedolophu, owephondo nowesizwe Western Cape: A Home For All logo