Cape Gateway
English | Afrikaans | Malunga | Qhagamshelana | Uncedo | Funa nzulu  |
 
IINKONZO ZAMAZIKO OLONDOLOZO LWEMBALI: UBUME
 

 

rounded corner
HOOGTEPUNTE
rounded corner
 

23 August 2005

Internasionale dag vir die Herdenking van die Slawehandel en die Afskaffing daarvan

Lees meer oor slawery in die Wes-Kaap >
 
     
rounded corner
GEAFFILIEERDE MUSEUMS
rounded corner
   

Die Wes-Kaapse Museumdiens verskaf steun en professionele dienste aan 28 geaffilieerde museums in die Wes-Kaap.


INLIGTING OOR ONS

Die Museumdiens se doel is om die erfenis van die Wes-Kaap te bewaar en te bevorder deur die geaffilieerde museums

Die Museumdiens bestaan uit drie gesentraliseerde afdelings - Bestuur- en Steundiens, Wetenskaplike Diens en Tegniese Diens - wat steun en professionele dienste verskaf aan die 28 geaffilieerde museums in die Provinsie. Die museums sluit vier provinsiale museums, negetien provinsie-gesteunde museums en vyf plaaslike museums in, en dien net minder as 'n miljoen besoekers per jaar.

Dié 28 museums vereis uitgebreide dienste van die Museumdiens-eenheid, veral vir navorsing en nuwe uitstallings om die kwessies van transformasie te hanteer.

Die sleutel-fokusgebiede vir die eenheid is vir leierskap en leiding:

  • in die bestuur van die Museumdiens en verwante museums
  • in die bestuur van versamelings
  • in die produksie van uitstallings
  • in openbare programme en verhoudings met verwante museums.

Die Eenheid verskaf ook steun met die bemarking van verwante museums.

Die verskillende komponente van die eenheid verskaf die volgende dienste:

Museumsteundiens

  • verskaffing van personeeldienste en personeeldienstesteun
  • koördinering van opleiding
  • verspreiding van subsidies en hulptoelaes
  • gesamentlike bemarking van geaffilieerde museums.

Museum-wetenskaplike Diens

  • ontwikkeling van versamelings en versamelings-bestuursbeleide en -praktyke
  • navorsing en skryfwerk vir uitstallings
  • steun met die ontwikkeling van opvoedkundige programme.

Museum-tegniese Diens

  • steun met die ontwikkeling van voorkomende bewaringsbeleide en -praktyke
  • ingrypende bewaring
  • ontwerp en produksie van nuwe uitstallings.


DOKUMENTE


REISENDE UITSTALLINGS

Daar is 'n reeks reisende uitstallings wat bespreek kan word by die Museumdiens, waaronder uitstallings oor die Anglo-Boere-oorlog, die VOC, Andrew Abraham Stockenström le Fleur, slawegeskiedenis in die Wes-Kaap, MIV- en vigsbewustheid en die bou van demokrasie.

Umxholo okweli phepha wagqibela ukuhlaziywa nge- 14 uSeptemba 2005
South African National Government crest Provincial Government of the Western Cape logo I-Cape Gateway yinkonzo karhulumente ejoliswe kubemi beNtshona Koloni, ebonelela ngolwazi ngorhulumente wedolophu, owephondo nowesizwe Western Cape: A Home For All logo