| English | | | Afrikaans | | | Malunga | | | Qhagamshelana | | | Uncedo | | | Funa nzulu | |
|
|
Die Wes-Kaapse Provinsiale Administrasie (WKPA) bestaan uit 12 departemente, naamlik:
Met 'n begroting van R16,4 miljard is hierdie departemente verantwoordelik vir die toepassing van wette en die lewering van dienste aan die mense van die Wes-Kaap.
Die Wes-Kaap is op die suidwestelike punt van die vasteland van Afrika geleë. Altesaam beslaan die Wes-Kaap 'n oppervlak van 129 386 km². Daar woon ongeveer 4,2 miljoen mense in die provinsie, waarvan die meerderheid Afrikaans praat. Die ander amptelike tale is Engels en Xhosa. Die Wes-Kaap se bydrae tot die land se BBP is die derde hoogste. Met meer as 170 000 werknemers in die kleding- en tekstielbedryf is hierdie sektor die enkele belangrikste nywerheidsbron van werkgeleenthede in die Wes-Kaap. Die amptelike werkloosheidsyfer vir die provinsie, 18,4%, is aansienlik laer as in die meeste ander dele van die land. Inligting bekom uit die Suid-Afrikaanse Jaarboek 2002/2003 Die Nasionale Grondwet laat elke provinsiale wetgewer toe om 'n grondwet vir daardie provinsie aan te neem. Die provinsiale grondwet moet met die Nasionale Grondwet ooreenstem. Die Grondwet van die Wes-Kaap is in 1998 goedgekeur en is in die amptelike tale van die provinsie, Afrikaans, Engels en Xhosa, beskikbaar. Die Wes-Kaapse Provinsiale Parlement is verantwoordelik vir die opstel van wette vir die provinsie binne die bestek van sy verantwoordelikhede soos in die Grondwet van Suid-Afrika uiteengesit. Hierdie verantwoordelikhede behels ook die opstel van provinsiale wetgewing ten opsigte van:
Die Parlement is in Waalstraat, Kaapstad. Daar is 42 lede en 24 setels behoort tans aan die ANC, 13 aan die DA, 1 aan die ID, 2 aan die ACDP en 2 die UIF. Die huidige premier is mnr. Ebrahim Rasool. IKAPA ELIHLUMAYO
"iKapa elihlumayo", die Xhosa-naam vir 'n Florerende Kaap, is die Provinsiale Regering se grondliggende tema vir die 2004/05 Begroting en daarna. Dié vêrgesig is omgeskakel in 'n agt-punt plan wat die regering en sy maatskaplike vennote oor die volgende 10 jaar, tot 2014, sal lei. Daar is ook agt strategië waarop Begroting 2004 gebou is. Vir meer inligting is daar 'n strategiese dokument, 'n uittreksel uit die begroting, en 'n pamflet. IWEBSITE: www.capegateway.gov.za |
Die Provinsiale Regering van die Wes-Kaap werk saam met die Nasionale Regering om vir die mense van die Wes-Kaap wette op te stel en dienste te lewer.